A blissful oasis, where the Kalahari's beaty meets with reinment & style
 
 
   
 
La Bohème B&B Guesthouse Upington

home & info | history & publications l rooms & rates l photo gallery l contact & directions | press releases

English
 
     
 
 

"Die Gemsbok" Regional Newspaper
South Africa / Upington

Edition: 14th Nov03
By Wiesa Nel, Journalist

     

Evelyne vestig haar eie La Boheme

UPINGTON: 'n Baie besonderse en eksklusiewe gastehuis met die naam La Boheme het pas sy deure vir gaste in Groenpuntweg 172, Keidebees oopgemaak.

 Die eienaar, Evelyn Meier, het haar ongeveer 'n jaar gelede vanaf Switserland op Upington kom vestig en die naam La Boheme vertel van 'n ongebonde leefwyse waarheen 'n mens kan wegbreek.

Die gastehuis, waar daar in die fynste besonderhede na gaste se gerief en behoeftes omgesien word, verskil totaal van die gewone.

Invloede van regoor die wêreld word in die décor weerspieël. Die twee gastekamers onder - een in 'n Afrika tema en die ander in 'n Tropiese tema - het elk sy eie klein patio met 'n pragtige uitsig oor die Oranjevallei.

Die selfhelp 'cottage' bo het alles waarvoor 'n gas kan wens. Sy eie privaattuin en braai-plek. Hier het die slaap kamer 'n Oosterse tema. Die diefwering voor die vensters is selfs in die vorm van Bonsai bome gemaak.

Ingevoerde teëls van regoor Europa versier die kombuis in 'n asemrowende mosaïk wat plaaslik gekoop en deur Evelyn self saamgestel is. 'n Verligte mosaïk paneel buite is ook haar eie handewerk, saamgestel uit verskillende groottes, vorm en tekstuur handgemaakte teëls.

Verder bied La Boheme aan sy gaste gesellige sit- en eenthoekies, fonteintjies, mooi musiek, 'n besonderse sitkamer, 'n leeshoekie vir fynproewers met boeke in verskillende tale en inkleurboeke vir kinders, 'n koel swembad, groot vensters om die tuin in die huis in te bring en vele, vele meer.

In die aand verander La Boheme in 'n sprokies wêreld van lig. Dit is definitief nie 'n gesig om mis te loop nie. Sy het daarin geslaag om met aardse kleure 'n baie besonderse atmosfeer te skep deur gebruik te maak van leiklip, hout, riet, plante, water en kerse. Evelyn het in haar reise die kuns om kos te maak verfyn. Met La Boheme het sy daarin geslaag om die pragtige natuurskoon te kombineer met 'n luukse rustigheid.

La Boheme is dus nie net 'n gastehuis nie, maar ook die ideale plek vir etes en funksies op bespreking.

Gaan loer gerus in!!!

<back...>

La Bohème B&B Guesthouse Upington
 

Copyright © 2006 La BohemeGuesthouse. All Rights Reserved ~ Hosted by: Upington-Online

English Deutsch Deutsch English