A blissful oasis, where the Kalahari's beaty meets with reinment & style
 
   
   
La Bohème B&B Guesthouse Upington
home & info rooms & rates

 l history & publications l photo gallery  l  video gallery  l contact & directions

 

Thank you very much for visiting our Website !
LA BOHEME GUESTHOUSE UPINGTON IS FOR SALE.
Its owner Evelyne van Zyl-Meier changed her private Life – happily married since a few months – and decided that this was the perfect timing for her to change her professional Life too by taking up new different challenges, after eight fantastic and rewarding years of running her guesthouse

Please note that in the meantime, our activities & reservations are put on hold; no inquiries can be attended to and no accommodation can be provided until further notice. We are utmost thankful to you for your interest shown towards our establishment and we sincerely apologise for the inconvenience caused due to this “transition” period. Thank you very much for your understanding.

     
 
 

"Die Gemsbok" Regional Newspaper
South Africa / Upington

Edition: 6th Oct04

     

La Bohème kry 5-ster status

 "La Bohème" is die verwesenliking van 'n droom - 'n droom van 'n jong Switserse vrou, Evelyne Meier, wat in 2002 besluit het om 12000 km weg van haar geboorteland, 'n oasis in die Kalahari te kom skep - haar eie plekkie van vrede in 'n land van sonskyn.

 Na 'n jaar van rekonstruksie en omvorming van die huis wat sy gekies het om haar droom in te verwesenlik, het sy haar eerste gaste in die lente van 2003 ontvang by haar "La Bohème".

Sedertdien het die gastehuis 'n toenemende aantal nasionale en internasionale gaste verwelkom - toeriste, sake-reisigers en -besoekers en beroemde SA politieke- en rolprentpersoonlikhede.

Die gastehuis het reeds blootstelling gekry in verskeie SA en Europese tydskrifte vir sy stylvolle en luukse versiering, sy kos, gesellige en knus atmosfeer en kwaliteit diens.

Een jaar na sy opening, het La Bohème die amptelike 5-ster gradering van die Toeriste Graderingsraad van SA ontvang. Dit is die 2de gasthuis op Upington wat 'n 5-ster gradering kry.

"Ontspan, kom in die boheemse gees, vloei saam, veroorloof jou die weelde en geniet die oomblik". Dit is Evelyne se lewensfilosofie en die oorsprong van die gastehuis se naam, "La Bohème". Die asembenewende uitsig oor die eindelose Oranjeriviervallei, om te swem in die kristalhelder swembad, gee 'n gevoel van ruimte en vryheid.

Evelyne wou net drie eenhede in haar gastehuis hê om 'n privaat en huislike atmosfeer te skep. Elke eenheid het moderne fasiliteite wat individueel versier en gemeubileer is. Baie aandag aan detail en tekens van persoonlike aanraking is ooral te sien.

Die Deluxe Garden Room het 'n verfynde Herberg atmosfeer, die Standard Garden Room het invloede van Karibiese-Koloniale style en die selfsorg kothuis is Asies esteties. Deur vooraf te reël, kan etes bespreek word vir nie meer as tien persone nie, en skamerkelkies of buffetetes vir spesiale geleenthede en funksies (maksimum 20 persone).

Die pragtige tuin en idilliese omgewing is ook ideaal vir fotosessies. Dit is moelik om "La Bohème" in woorde te beskryf, dit moet beleef word.

Skakel en reël asb met Evelyne voordat u die 5 ster gastehuis besoek.

Tel: 083 383 8288

<back...>

La Bohème B&B Guesthouse Upington
home & info rooms & rates

 l history & publications l photo gallery l video gallery l contact & directions

 
 

Copyright © 2006 La BohemeGuesthouse. All Rights Reserved ~ Hosted by: Upington-Online

English German French English German